Local newsNewsNews

Vredesmonumentterrein verfraai

Lede van die FAK-Kultuurnetwerk in die Vaaldriehoek het op Saterdag 25 Maart eendweer trotseer om weer die terrein rondom die Vredesmonument by die Burgersentrum in Vereeniging se middestad in stand te hou.

Volgens Okkie Jooste, ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) se Kiewiet-tak in Vereeniging, wat ook met die skoonmaakpoging gehelp het, is gras gesny, boomtakke gesnoei en onkruid uitgetrek.

Ná die tyd is daar oudergewoonte saam gekuier om die braaivleisvuur.

Okkie het almal wat gehelp het en toerusting verskaf het bedank.

“Die doel van dié skoonmaakaksie en ander soortgelyke skoonmaakaksies is om die terreine weer bruikbaar en veilig vir publiek kan maak sodat dit nie net wegraak en vergeet word nie.

“Ons moet nou bewaar en na dit kyk sodat dit vir die nageslagte behoue kan bly,” sê Jooste.

Vir enige navrae, skenkings of hulp aanbied kontak gerus Okkie by 071 478 8816.

Gras word by die Vredesmonument gesny. Foto: Verskaf
Onkruid word uitgetrek. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button