Local newsNewsNews

Leeuhof-kinders met Paaseiersoektog bederf

Die jaarlikse Leeuhof-Paaseiersoektog vir minderbevoorregte kinders van Leeuhof het op Goeie Vrydag (7 April 2023) vir groot opwinding gesorg.

VEREENIGING. – Volgens me. Anne-Marie Slabbert, wat jaarlikse die Paaseiersoektog sowel as die Kersfeespartytjie vir kinders van dié buurt reël, is dit die tweede agtereenvolgende jaar wat die soektog gehou word.

Papiereiers word in die veld langs Wildebeesstraat versteek en dan moet kinders die eiers vind.

Wanneer hulle klaar is handig hulle die eiers by die Paashaas in vir sjokolade en sap.

Meer as ‘n 100 kinders het aan die paaseiersoektog deelgeneem.

Voor die verrigtinge afgeskop het is die kinders ook meer oor die betekenis van Paasfees geleer.

Papiereiers is in die veld langs Wildebeesstraat versteek. Foto: Christiaan Cloete
Die Paashaas open die verrigtinge. Foto: Christiaan Cloete
Die Paaseiersoektog het opwinding aan Leeuhof se kinders verskaf. Foto: Christiaan Cloete
Kinders kry lekkergoed, sjokolade en sap na die Paaseiersoektog. Foto: Christiaan Cloete
Marie en Pieter het gesels oor die betekenis van Paasfees. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button