Martie (74) se toekoms steeds donker weens ondraaglike rugpyn
Haar toestand het sedertdien verder versleg en sy is regtig in geweldige pyn
Vaalweekblad het verlede maand berig oor mev. Martie Pretorius (74) van Vereeniging, wat intense pyn verduur omdat haar rugwerwels gedisintegreer het en daar onophoudelik drukking op die senuwees in haar rugmurg is.
Haar toestand het sedertdien verder versleg en sy is regtig in voortdurende, geweldige pyn. Sy moet dringend ‘n operasie kry, maar omdat sy ‘n staatspasiënt is, is sy op ‘n lang waglys. Dit kan jare neem voordat sy geopereer sal kan word. ‘n Back-a-buddy rekening is vir haar geopen in die hoop dat genoeg geld ingesamel kan word sodat sy ‘n operasie by ‘n privaathospitaal kan kry.
Na Vaalweekbld se vorige berig het sy net een skenking van R100 gekry waaroor sy baie dankbaar is, maar heelwat meer is nodig voordat sy geopereer sal kan word.
As daar dalk nog mense is wat ‘n skenking wil maak, kan dit direk per EFT inbetaal word aan: JH Jansen, Absa spaarrekening: 9142521131 (Absa Vaal Mall tak).
Lees weer verlede maand se volledige berig hier: https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/157402/martie-74-is-een-van-talle-senior-burgers-wat-in-stilte-ly/
