Local newsNewsNews

Dance World Cup wink vir Vaal se dansers

Die Vaaldriehoek is trots op Georgina's Dance Studio se jong dansers met hul goeie prestasies.

SASOLBURG. – Die Vaal is trots op die dansers van Georgina’s Dance Studio wat onlangs vir die Dance World Cup gekwalifiseer het.

Georgina Jacobs sê 14 dansers tussen 16 en 25 jaar het in 2022 besluit hulle wil hierdie jaar vir die Dance World Cup wat in Portugal gehou gaan word, kwalifiseer.

Met die dansnommer het die groep nie net vir die Dance World Cup gekwalifiseer nie, hulle het dit ook al as ‘n voorvertoning vir Mzansi Ballet se Abba – A Cinderella Story opgevoer. Foto’s verskaf

“Hulle het vir maande baie hard gewerk met die doel voor oë. Ek is so trots op hulle, want as ‘n span het hulle toe al begin om fondse in te samel om oorsee te kan gaan meeding.”

Na maande se ekstra oefening, was dit uiteindelik tyd vir die kwalifiserende kompetisie.

Die Dance World Cup SA Qualifier is van 13-18 Maart in Centurion gehou.

Georgina se dansers het vir verskeie items ingeskryf, van Ballet Non-Reportoire tot by kontemporêr en Spaanse danse in elke vorm van solo’s tot by duette en groepe.

Hul vreugde was groot toe hul in al hul items gekwalifiseer het en verskeie medaljes huis toe kon bring.

Alhoewel die 14 dansers al heelwat geld sedert November ingesamel het en steeds woeker om nog bymekaar te maak, word daar donasies benodig.

“Dit kos sowat R38 000 per persoon net vir die vliegtuigkaartjies en akkommodasie. Ons wil graag almal wat gekwalifiseer het saamvat.

“Hulle verdien dit elkeen. As enige een kan help, maak nie saak met hoeveel nie, sal ons so dankbaar wees,” het Georgina gesê.

Georgina Dance Studio se dansers het met hierdie nommer vir die Dance World Cup gekwalifiseer. Foto’s: verskaf

Die dansers wat gekwalifiseer het is: Anzel Hamman, Cebisile Banda, Chantelle Oosthuizen, Jacqueline Moolman, Jana Jacobs, Kayleigh Adams, Kiara Raubenheimer, Lisa Oosthuizen, Miné Fourie, Nombulelo Masike, Ntando Ngobe, Shané van der Walt, Stephanie Vey en Suzenke Saayman.

Die Dance World Cup vind van 29 Junie tot 8 Julie in Portugal plaas en meer as 6 000 dansers van 58 lande word verwag.

Dit is die vierde maal dat van Georgina’s Dance Studio se dansers vir die wêreldbeker kwalifiseer, maar die eerste keer dat so ‘n groot span oorgaan.
Vir meer inligting en bankbesonderhede kontak Georgina by 082 459 6356.

Cebi Banda het vir die tweede agtereenvolgende jaar gekwalifiseer vir die Dance World Cup.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button