Local newsNewsNews

Wen kaartjies en kom sokkie saam met Ruhan by Emerald

Dit is nou 'n opskop om na uit te sien en 5 dubbelkaartjies is op die spel in 'n maklike kompetisie.

VANDERBIJLPARK. – Hou jy daarvan om jou lyf lekker rond te swaai op die dansbaan? Dagboek dan sommer nou al 29 April en kom Sokkie met Ruhan du Toit by die Emerald Resort & Casino.

Die aand se pret begin om 19:00 (deur open reeds om 18:00) by die Emerald Arena en kaartjies beloop R100 per persoon. Kaartjies is die Emerald Cash Desk te koop en sal ook op die aand by die deur te koop wees. Toegang vir kinders o/12 is gratis.

Vyf gelukkige lesers kan elk dubbel kaartjies wen na dié opskop. Die kompetisie is in Vrydag se Vaalweekblad (14 April) en dis sommer baie maklik om deel te neem.

Vaalweekblad is by die meeste kettingwinkels soos Checkers en Spar te koop.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button