Belowende jong stoeier op pad na Tunisië, benodig fondse
Hy is sterk stoeier met 'n hart so groot soos 'n stoeimat.
MEYERTON. – Peet van der Walt (15), ‘n graad 10-leerder aan die Hoërskool Dr. Malan is gekies vir die Suid-Afrikaanse Stoeifederasie se nasionale span wat in Mei aan die 2023 Afrika Kontinentale Kampioenskap in Tunisië sal deelneem.
Verenigde Wêreld Stoei se Afrika Kontinetale Kampioenskap vind tussen 15 en 21 Mei in die Tunisiese kusstad, Hammamet plaas.
Die plaaslike o.17-stoeier sal in die vryslagstoeikompetisie sowel as die Grieks-Romeinse afdeling in die 55-60kg-gewigafdeling deelneem.
Die tiener stoei glo al die afgelope 11 jaar en het volgens sy pa en afrigter, Peet van der Walt Sr., as kleuter by die sport betrokke geraak.
“Peet (Jnr.) het basies langs die stoeimatte leer loop terwyl sy ouer broer geoefen het en Pa afgerig het,” vertel Peet Sr.
Peet Jr. is deel van die Souple Stoeiklub in Meyerton.
Vir hom stoei alles.
Hy vertel dat die sport hom selfvertroue gegee het en hom laat beself het dat alles moontlik is en dat niks hom kan stop as hy gefokus bly nie.
Peet het ook onlangs aan die Pallun Ope in Estonia deelgeneem waar hy ‘n 8ste plek in Grieks-Romeins en n 34ste plek in vryslagstoei behaal het.
Volgens Peet Snr. beloop sy seun sy reiskostes ongeveer R40 000.
“Hy is selfs bereid om gras te sny en kar te was,” voeg ma, Bronwyn van der Walt, by.
Mense wat bereid is om te help kan Peet van der Walt Sr. by 082 255 8271 skakel.
Indien jy belangstel om geld te skenk is Bronwyn se bankbesonderhede as volg:
Naam: B van der Walt
Bank: Capitec
Takkode: 470 010
Rek Nr: 1870 780 793
Verwysing: Afrika

