“Emfuleni het rommelstrooiing ‘genormaliseer’” – EFF
Die EFF het 'n beroep op die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit gedoen om 'n bewusmakingsveltog oor onwettige rommelstorting in gemeenskappe te voer.
EMFULENI. – Isaac Khithika, die EFF se streeksvoorsitter in Sedibeng-streek, sê die huidige status quo het rommelstrooiing “genormaliseer”.
“Hierdie gewoonte het ons mense mislei om te dink dit is normaal om onwettig te stort. Inwoners moet ‘n deeglik ingelig word oor die impak wat rommelstrooiing het en mense moet ingelig word oor hoe gemeenskappe ‘n bestaan uit herwinbare afval kan maak.
“Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se onvermoeë om voldoende en betroubare vullisverwydering te verskaf, hou ernstige gesondheidsgevare in,” waarsku Khithika.
Khithika sê die gebrek aan vullisverwydering het talle implikasies wat gemeenskappe en die omgewing nadelige raak.
“Ons lei hieruit af dat die munisipaliteit die grootste instaatsteller en katalisator van lewensgevaarlike siektes geword het met sy versuim om rommel te verwyder en die gebrek aan bewusmakingveldtogte rondom rommelstrooiing,” sê Khithika.

Volgens Khithika word onwettige stortingsterreine al hoe groter omdat vullis nie gereeld verwyder word nie.
Die gebrek aan beskikbaarheid van rommelverwyderingsvoertuie vererger die probleem.
Khithika stel voor dat veldtogte van stapel gestuur word om mense bewus te maak van die gesondheidsgevare
Hy het ook ‘n gevra dat borde wat onwettige rommelstorting verbied opgerig word waar nodig.
Rig ook borde op met ‘n ‘geen stortingsteken’ waar nodig.
“Die munisipaliteit behoort aggressief te wees in hul benadering tot onwettige rommelstrooiing aangesien dit reeds geïdentifiseer is as die nommer 1 munisipaliteit in die land wat onwettige stortingsterreine aanbetref.
“‘n Skoon omgewing is ‘n veilige omgewing,” sê Khithika.





