Local newsNewsNews

Gimmies-atlete wys hul slag by SASA- en ASA-kampioenskappe

Atlete van Vereeniging Gimnasium het goed presteer tydens Suid-Afrikaanse Skole Atletiek (SASA) se kampioenskappe, sowel as Atletiek Suid-Afrika se nasionale skolekampioenskappe in Maart.

VEREENIGING. – Anje Holtzhaussen, ‘n graad 11-leerder van Vereeniging Gimnasium, het by ASA se nasionale baan- en veldkampioenskappe vir o.16, o.18 (jeug) en o.20 (junior) atlete by die Msunduzi-stadion in Pietermaritzburg ‘n eerste plek in die hamergooi (meisies o.18) behaal met ‘n gooi van 56.06 m.

Gimmies se ster-naelloper Astrid Fourie het by die selfde kompetisie ‘n sesde plek in die 200 m en ‘n sewende plek in die 400 m vir meisies o.16 behaal. Die graad 9-leerder het laasgenoemde wedloop in ‘n spogtyd van 00:57:00 voltooi.

Jaydon Booysen, ‘n graad 9-leerder van Vereeniging Gimnasium, het by dieselfde kompetisie ‘n vyfde plek in die 100 m vir seuns o.16 behaal.

By SASA se nasionale hoërskoolkampioenskappe in Germiston het Anje nog ‘n eerste plek behaal en boonop ‘n nuwe Suid-Afrikaanse hamergooirekord vir meisies o.18 opgestel met ‘n gooi van 57.13 m.

By dieselfde kompetisie het Astrid ‘n derde plek in die 400 m en ‘n derde plek in die 200 m vir meisies o.16 behaal. Sy was ook deel van die Vaaldriehoek-span wat ‘n eerste plek in die Sweedse aflos, sowel as ‘n eerste plek in die 4 x 100 m-aflos behaal het.

Danhe Stols het ‘n 10de plek in hamergooi behaal en Olga Alant ‘n 11de plek.

Astrid is op grond van haar skitterende vertoning vir die Suid-Afrikaanse span gekies wat vanaf 21 Julie tot 1 Augustus aan die Soncini-spele in Italië gaan deelneem in die 100 m.

Anje is gekies vir die Suid-Afrikaanse span wat die land later vanjaar by die Konfederasie van Afrika-atletiek se Junior Afrika-kampioenskappe in Zambië sal verteenwoordig.

Vereeniging Gimnasium se atlete het in Maart uitgeblink by die SASA- en ASA-kampioenskappe. Op die foto, van links na regs: Olga Alant, Anje Holtzhausen, Jayden Booysen en Astrid Fourie. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button