Local newsNewsNews

Spesiale uitvoering by die ERT

'n UItsonderlike vertoning met musiek vir die siel, hierdie Sondag in Sasolburg se ERT

SASOLBURG. – Sondag, 16 April om 16:00 kan liefhebbers van koor en klassieke musiek hul regmaak vir ‘n uitmuntende vertoning by die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg.

Die ERT, met steun van die Rupert Musiekstigting, bied ‘n uitvoering van Puccini se Messa de Gloria vir koor, orkes en twee soliste en Beethoven se Koraalfantasie vir klavier, orkes en koor aan.

Die pianis vir die koraalfantasie is Louis Nel. Foto: verskaf

Die dirigente is Daniel Keet en Gideon Els en die pianis vir die Koraalfantasie is die jong pianis van Pretoria, Louis Nel.

Die soliste is Phenye Modiane (bariton) en Douwe Bijkersma (bariton). Die Ffortissimo & Friends Vocal Ensemble and Orchestra sal ook optree.

Kaartjies beloop R180 en R200 per persoon en kan by www.ertickets.com bespreek word. D

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button