Uit meer as 3 000 kandidate wat geskryf het, het slegs 65 die eksamen met onderskeiding geslaag, van wie 17 kandidate van die Noordwes-Universiteit was.
Die akademiese klerke van die Noordwes-Universiteit se Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe is tydens 'n geselligheid gelukgewens met hul uitstekende prestasies in die SA Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters se ITC-eksamen. Van links is me. Monique Meyer (akademiese klerk), me. Nicole de Oliveira (slaag ITC met onderskeiding), prof. Heleen Janse van Vuuren (direkteur: Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe). prof. Verona Leendertz (Adjunk-dekaan: navorsing aan die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe), prof. Babs Surujlal (uitvoerende dekaan: Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe), me. Trisha Sukhari (akademiese klerk), mnr. Esethu Magaqa (akademiese klerk) en me. Alinka Mostert (Programleier: CA-program).
VANDERBIJLPARK. – Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe het rede om te spog nadat die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR/SAICA) onlangs die uitslae van die ITC-eksamen wat in Januarie afgelê is, bekendgemaak het. Studente van die NWU het besonder goed in die eksamen gevaar.
Die ITC is ‘n nasionale eksamen wat opgestel word deur SAIGR/SAICA en is een van die eksamens wat geslaag moet word voordat ‘n persoon as ‘n geoktrooieerde rekenmeester kan kwalifiseer. Daar is tans 18 SAICA-geakkrediteerde universiteite in Suid-Afrika, waarvan die NWU een is. Die eksamen vind twee keer per jaar plaas.
Die betrokke NWU-studente (van die Potchefstroom- en Vanderbijlparkkampus tesame) het ‘n slaagsyfer van 99% in die eksamen behaal. Die NWU as universiteit het tweedehoogste in die land gevaar. Uit die meer as 3 000 kandidate wat in totaal geskryf het, het slegs 65 die eksamen met onderskeiding geslaag, van wie 17 kandidate van die NWU was.
“Ons is baie trots op ons studente en ons program, wat van hoë kwaliteit getuig. Ons kies elke jaar ‘n paar van ons top-studente om hul eerste jaar van klerkskap by ons drie NWU-kampusse te doen en ons is trots daarop dat al ons klerke die ITC-eksamen geslaag het. Ons is bevoorreg om vier van hierdie oud-studente van ons by die Vanderbijlpark-kampus te kan hê,” sê prof. Heleen Janse van Vuuren, direkteur van die NWU se Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe.
Prof. Heleen Janse van Vuuren, direkteur van die NWU se Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe.Die akademiese klerke van die Noordwes-Universiteit se Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe is tydens ‘n geselligheid gelukgewens met hul uitstekende prestasies in die SA Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters se ITC-eksamen. Van links is me. Monique Meyer (akademiese klerk), me. Nicole de Oliveira (slaag ITC met onderskeiding), prof. Heleen Janse van Vuuren (direkteur: Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe). prof. Verona Leendertz (Adjunk-dekaan: navorsing aan die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe), prof. Babs Surujlal (uitvoerende dekaan: Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe), me. Trisha Sukhari (akademiese klerk), mnr. Esethu Magaqa (akademiese klerk) en me. Alinka Mostert (Programleier: CA-program).
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!