Local newsNewsNews

FAK-Vaal-Kultuurnetwerk knap voortrekkerbegraafplaas op

Die FAK-Vaaldriehoek-Kultuurnetwerk het Saterdag opknappingswerk by die graf van Daniel Pieter Jacobs gedoen.

Die FAK-Vaaldriehoek-Kultuurnetwerk is bekend vir die goeie werk wat hulle doen om die terrein rondom die Vredesmonument in Vereeniging skoon en netjies te hou.

Die groep, waarvan die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging en Genealogiesie Genootskap van Suid-Afrika deel vorm, het die afgelope Saterdag (15 April 2023) weer moue opgerol om die voortrekkerbegraafplaas van kommandant Daniel Pieter Jacobs skoon te maak.

Die begraafplaas is in die Midvaal-omgewing, naby Goeiehoek, buite Vereeniging, geleë.

Jacobs (1780-1845) was ‘n trekleier wat saam met sy seuns in die Slag van Bloedrivier geveg het.

Die bebosde voortrekkerbegraafplaas voordat opknappingswerk gedoen is. Foto: Verskaf
Die perseel lyk netjies nadat die FAK-Vaaldriehoek-Kultuurnetwerk daar skoon gemaak het. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button