Local newsNewsNews

Cow & Bull in Drie Riviere stoot kompetisie uit die pad

VEREENIGING. - Die gewilde Cow & Bull kuierplek in Drie Riviere, lank reeds bekend in die Vaal vir die lekker vertonings wat gereeld daar aangebied word, het onlangs ook by die Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaars-toekennigs erkenning vir hul rol in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf ontvang.

Die toekenningsaand is 4 April in Pretoria gehou en die trotste eienaars van Cow & Bull, Dries en Linel Visser, het met die toekenning:
Best Live show venue, teruggekeer huis toe.

Die toekennings word vir onafhanklike musikante/kunstenaars gehou om hulle te bedank en te vereer vir hulle bydrae tot die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Hierdie is vir kunstenaars wat hulself finansier en nie groot platemaatskappye agter hulle het om onder meer met hul bemarking te help nie.

Dries en Linel Visser, die eienaars van Cow & Bull met hul toekenning.

“Ons het ingeskryf as ‘n venue wat onafhanklike Suid-Afrikaanse kunstenaars help om blootstelling te kry deur by ons op te tree (van sangers tot drag queens),” verduidelik Dries en Linel.

Ander wenners wat die aand hul draai op die verhoog gemaak het om ‘n toekenning in ontvangs te neem sluit in: Rudi Claase, Dirk van der Westhuizen, Sorina Erasmus (die Flooze), Jennifer Zamudio, Irene-Louise van Wyk, Lianie May en Carike Keuzenkamp, om maar net ‘n paar te noem.

* Besoek gerus https://www.facebook.com/AfriIndietoekennings vir meer oor die geleentheid.

So lyk die Afri-Indie toekenning van nader.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button