Local newsNewsNews

Uit my pen – die week in Vaalweekblad

Alles en nog wat in die week se Vaalweekblad vanaf 28 April op die rak.

Vaalweekblad van 28 April bevat weer ‘n goeie kombinasie harde en sagte nuus, sport en die gebruiklike blokraai.

Lees meer oor ‘n regte boere kettie-makietie wat 6 Mei in Deneysville plaasvind en moenie van Liewe Heksie vergeet wat 7 Mei in Sasolburg kom kuier nie.

Ons spog bietjie met Vaalpark Primêr wat as top akademiese skool in die Fezile Dabe distrik aangewys is en geniet saam met Laerskool Kollegepark hul hoof se verjaardag.

Dan berig ek ook oor CMM Prokureurs se jaarlikse potjiekoskompetisie wat onlangs plaasgevind het en ons maak kennis met ‘n groep mense wat hul oor die bome in Buddstraat in Vanderbijlpark ontferm.

In my rubriek, Ek sê maar net, gesels ek oor hoe my ou laerskoolhoof in hierdie lewe nie op ‘n perd sou klim en Cowboy sou speel op sy verjaardag nie.

Ek onthou die dae wat ons koeldrank verniet gekry het op die hoof se verjaarsdag.

Vir lekker lees oor die langnaweek, onthou om jou Vaalweekblad by jou naaste groot winkel of vulstasie te kry.

Groetnis van huis tot huis.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button