Kit kap nege vas vir swaarste sak
Die Hap-en-Kap hengelaars het weer toegeslaan! Sterk wind en 'n bietjie reën kon dié hengelaars nie stuit nie.
Die Hap-en-Kap Hengelklub van Sasolburg het die afgelope naweek (28 tot 30 April) ‘n kompetisie by Ardenza, Vaaldam net buite Oranjeville gehou.
Die 14 hengelaars wat deelgeneem het, het 143 vis met ‘n gewig van 168,39 kg gevang.
“Die wind het met tye sterk gewaai, en Saterdagaand het dit boonop vir ‘n kort rukkie gereen,” vertel Leon Meyer. “Sondagoggend was die mis baie dik, maar daar was nog steeds goeie vangste aangeteken.”
Die swaarste sak vis is deur Kit Taljaard gevang (9 vis – 26,399 kg).

Die swaarste karp is deur Hein Kruger (3,425 kg) ingeweeg, die swaarste baber deur Kit Taljaard (15,680 kg), die waarste graskarp deur Hennie Greyling (3,115 kg), die swaarste geelvis deur Corrie Taljaard (0,340 kg) en die swaarste moddervis deur Hennie Greyling (0,940 kg).
Johan Pieters het die drie swaarste spesies ingeweeg: baber 10,9 kg, karp 1,950 kg en graskarp 0,275 kg.


