Local newsNews

Kommer oor vroue wat foto’s van kinders by kleuterskool neem

Indien die betrokke vroue hierdie plasing lees en daar dalk 'n onskuldige rede vir hul optrede was, kan hulle Vaalweekblad anoniem by 083 246 0523 kontak om te verduidelik en die skool en ouers gerus te stel.

 

VEREENIGING. – Personeel en ouers van ‘n bekende kleuterskool in Vereeniging is baie bekommerd nadat dit verlede week aan die lig gekom het dat twee vroue in ‘n wit bakkie voor die kleuterskool stilgehou en foto’s van die geboue en die kinders wat in die speelterrein was, geneem het.
Personeel van die kleuterskool het die oggend gesien dat die bakkie voor die kleuterskool stilgehou het en dat die twee vroue “baie selfoonfoto’s” neem.

“Toe van ons personeel na hulle toe stap om te hoor waarom hulle foto’s neem, het die bakkie dadelik weggery. Dit maak nie sin vir ons nie. Niemand het ons toestemming gevra om foto’s te mag neem nie,” sê die skoolhoof.
Hoewel daar dalk ‘n onskuldige verklaring vir die vroue se optrede was, wil die skool graag met die vroue in verbinding tree om ‘n verduideliking te kry.

“Die voorval het baie verdag voorgekom, maar ons wil niemand onder verdenking plaas nie. Ons MOET egter weet wat aangaan. Daar is deesdae soveel gerugte van kinders wat gesteel en ontvoer word dat mens nie sulke optrede kan aanvaar nie. Om foto’s van ons kleuters op die speelterrein te neem, word absoluut nie toegelaat nie,” sê die hoof.

Indien die betrokke vroue hierdie plasing lees en daar dalk ‘n onskuldige rede vir hul optrede was, kan hulle Vaalweekblad anoniem by 083 246 0523 kontak om te verduidelik.

Die wit bakkie waarin twee vroue verlede week gesit het terwyl hulle foto’s van spelende kinders by ‘n bekende Vereenigingse kleuterskool geneem het. Die personeel en ouers is baie besorgd oor die voorval en wil graag ‘n verduideliking van die vroue hê. (Vaalweekblad verberg die registrasienommer).

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button