Local newsNewsNews

Avbob bederf bejaardes en verpleegsters

Avbob het Dinsdag (9 Mei 2023) inwoners en verpleegsters van Huis Meyerton-aftreeoord bederf met eetgoed en 'n vertoning deur die sangeres Bernadine.

MEYERTON. – Volgens Pam Appelgryn, Avbob se skakelbeampte vir senior burgers, vorm die besoek deel van die viering van nasionale verplegingsweek (8 tot 14 Mei 2023).

Die inwoners is bederf met soet en sout eetgoed en die sangeres Bernadine het al die pad van Pretoria af gekom om vir die bejaardes op te tree.

By Avbob is senior burgers vir ons kosbaar. Hulle is ons passie. Ons het gekom om die dag saam met hulle te spandeer. Dit gaan nie oor geld of polisse nie. Ons is hier vir hulle en wil hê dat hulle waardevol en gewaardeerd moet voel,” sê Appelgryn.

Sy het Huis Meyerton bedank vir die geleentheid om inwoners te kon besoek en te bederf.

Volgens Appelgryn wou Avbob ook verpleegsters bedank vir goeie werk wat hulle doen.

Dit is nasionale verplegingsweek van 8 tot 14 Mei 2023.

Inwoners van Huis Meyerton luister na die sangeres Bernadine. Foto: Christiaan Cloete

Dit word jaarliks in die selfde week gehou as Florence Nightingale se verjaarsdag (sy is op 12 Mei 1820 gebore) gehou.

Nightingale, wat op 13 Augustus 1910 gesterf het, word beskou as die stigter van moderne verpleegkunde.

Appelgryn meen dat verpleegsters dikwels nie genoeg erkenning kry vir dit wat hulle doen nie.

Die sangeres Bernadine tree op by Huis Meyerton. Foto: Christiaan Cloete

Volgens Brenda Spamers, bestuurder van Huis Meyerton, is die aftreeoord ‘n versorgingseenheid wat volle sorgdienste en verpleegsorg aan sowat 95 bejaardes bied.

Ons sien dit as ‘n gastehuis vir bejaardes en ons wil dit vir hulle gerieflik maak. Alles gaan oor hulle. Dit gaan oor hulle gerief, hulle veiligheid, hulle gesondheid en die liefdevolle sorg wat ons aan hulle bied. Ons sien dit nie as ‘n werk nie. Ons is diensbaar en dit is ir ons ‘n voorreg om vir die bejaardes van diens kan wees,” sê Spamers.

Verpleegpersoneel en bestuur van Huis Meyerton-aftreeoord saam met Pam Appelgryn van Avbob. Voor, van links na regs: Pam Appelgryn (Skakelbeampte: Avbob), Magda Steyl (Avbob Meyerton), Brenda Spamers (Bestuurder: Huis Meyerton); agter: Estelle Pretorius, Nthabiseng Balinbog, Talitha Mthembu, Esther Malindi, Selini Nkosi, Thobeka Nkosi, Zipho Matyholo en Mathlodi Modiselle. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button