Local newsNewsNews

Vereeniging Lisensiekantoor se openbare toilette vrot!

Die toiletgeriewe van die lisensiekantoor in Vereeniging is so morsig dat geen mens dit kan waag om daarvan gebruik te maak nie.

“Die VF Plus het verlede week ʼn oorsigbesoek gebring aan die lisensiekantore en op die skokkende tonele in die toiletgeriewe afgekom,” sê VF Plus-raadslid: Gerda Senekal van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit.

Die publiek moet van dié geriewe gebruik maak wanneer hulle vir ure in rye moet staan om bestuurs- of voertuiglisensies te hernu.

“Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit het sowat 120 algemene werkers in diens wat onder meer verantwoordelik is vir die skoonmaak van openbare toiletgeriewe, kantore, parke, stormwaterslote en meer.

So lyk die manstoilet.

“Baie van dié werkers is al vir jare onproduktief omdat hulle geen skoonmaakmiddels of -gereedskap het om hul werk mee te verrig nie,” voer rdl. Senekal aan.

Die werkers verdien ʼn bruto salaris van R261 588 per jaar met voordele wat insluit behuising, pensioen en medies.

Die VF Plus het twee jaar gelede ook die lisensiekantore besoek. “Ons het die waarnemende burgemeesterskomiteelid vir openbare werke, Mako Hassan, versoek om dadelik aandag aan die verval te gee. Niks het intussen verbeter nie,” sê rdl. Senekal.

Die VF Plus het Vrydag vir beide Hassan en die waarnemende direkteur van openbare werke, Erni Strydom, gevra om dadelik fondse te bewillig om die openbare toiletgeriewe by die lisensiekantore skoon te maak en gebreekte toilette en wasbakke te vervang.

So lyk die damestoilet.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button