Local newsNewsNews

Besoek aan toilet red moontlik inwoners se lewens

Die inwoners het ontdek die motorhuis brand toe een van hulle in die vroeë oggendure opgestaan het om badkamer toe te gaan.

*Die storie het in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad (5 – 11 Mei 2023) verskyn.

MEYERTON. – Was dit nie vir haar dogter wat in die vroeë oggendure opgestaan het om badkamer toe te gaan nie, sou hulle waarskynlik nie eers geweet het dat die motorhuis besig is om af te brand nie.

Só vertel Bets van der Westhuizen, een van die inwoners van die erf in Shippardstraat, Meyerton, waar ‘n motorhuis en voertuig Donderdagoggend, 4 Mei – op Brandbestrydingsdag – in die vroeë oggendure afgebrand het.

Bets vertel: “My dogter het tussen 04:00 en 05:00 opgestaan. Sy wou toilet toe gaan. Dit is iets wat nooit gebeur nie, aangesien sy nie in die nag opstaan nie. Sy het rook geruik, deur die badkamervenster gekyk, maar niks gesien nie,” vertel Bets.

“Toe sy die geknetter van vlamme hoor het sy haar man wakker gemaak. Hy het uitgehardloop, maar toe hy by die  mtorhuis kom, was dit reeds aan die brand,” sê sy.

Die motorhuis is reg langs die wendyhuis waar Bets van der Westhuizen (51), haar man, dogter en kleinkinders bly. Foto: Verskaf

Vaalweekblad verneem die Midvaal-brandweer was kort na 05:00 op die toneel. Die motorhuis was aan die brand en die vlamme was vining besig om na ‘n wendyhuis op die erf te versprei.

Brandbestryders kon die brand keer voor dit die wendyhuis vernietig het, maar die motorhuis met ‘n Ford Fiesta wat binne was, is in puin gelê.

Die Ford Fiesta behoort aan Bets se swaer. Hy het dit skaars twee jaar gelede klaar afbetaal en dit was nie verseker nie.

Die huis behoort aan Bets se skoonma, Hettie Viviers. Hettie en Bets se swaer bly in die hoofhuis.

Bets, haar man, dogter en laasgenoemde se drie kinders bly in die wendyhuis op die erf.

Niemand is ernstig in die voorval beseer nie en Bets en haar familie kon betyds uit die huis kom.

Nooddienste op die toneel. Foto: Verskaf

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button