Local newsNewsNews

Die Vaal se hokkiesterre

Ontmoet vyf van die Vaal se jong hokkiesterre

VANDERBIJLPARK. – ‘n Hoekie is ‘n goalie en ‘n goalie is ‘n punt. Hokkie entoesiaste sal weet wat dit beteken. Veldhokkie of binnemuurs, hierdie sport gryp die verbeelding aan.

Die Vaaldriehoek is nou al vir dekades bekend vir hul sterk hokkiespanne en die geesdrif vir hierdie sport neem by die dag toe.

Tydens die April skoolvakansie het Hoërskool Sasolburg High School ‘n o.13 uitnodigingspan saamgestel wat aan ‘n landwye hokkietoernooi in Bloemfontein deelgeneem het.

Die span wat bekend gestaan het as die Flames, het besonder goed gevaar en uiteindelik met silwer weggestap.

Die toernooi is by die Oranje Meisieskool aangebied en spanne van so ver as Kaapstad het deelgeneem.

Na die toernooi is ‘n o.13 ECHS uitnodingspan gekies wat van 1 – 9 Oktober in Nederland gaan deelneem.

Vyf van die Vaaldriehoek se jongelinge is vir die span gekies. Abigail Pienaar, hoofdogter van Laerskool Kollegepark, blink ook uit in netbal, maar sê hokkie is haar gunstelingsport.

Allegra, Abigail en Siena is hokkiespanmaats en groot vriende. Foto: verskaf

Sy droom daarvan om eendag vir Nederland hokkie te speel en sien baie uit na die wedstryde teen van die beste klubs, asook om die afrigtingsessies met wêreldklas afrigters te kan meemaak.

Abigail speel middelsenter en is ‘n blitsige gevaar op die aanval. Twee van haar beste maats, Siena en Allegra Guglielmi-Pacariz is ook vir die toerspan gekies.

Die tweeling neem hul hokkie baie ernstig op en soos Abigail kry hul privaatafrigting van Brad Brook.

Allegra speel verdediger en is in Bloemfontein as Speler van die Toernooi gekroon nadat sy ‘n hele paar keer gesorg het dat die bal in die teenstanders se doelhok beland.

Siena is as Doelwagter van die Toernooi aangewys. Die twee volg in hul ouer sus, Chiara, se voetspore.

Chiara is nog nie 15 nie, maar speel reeds vir die NWU se eerste hokkiespan en vir Sasolburg High School se eerste span. In hierdie huis word daar hokkie gedroom, gespeel en geoefen van vroeg tot moeg en die sussies sorg dat hul fiks en aan die gang bly.

Thembi is in graad 6 en speel vir Vaalpark Primêr se eerstespan. Foto: verskaf

Thembisile Mtimkulu is tans ‘n graad 6-leerling aan Vaalpark Primêre skool. Sy speel al hokkie van graad 1 af en geniet dit om in die middeveld amok te maak.

Die vyfde Valie wat vir die gesogte span gekies is, is Carlie Pretorius, tans ‘n graad 7-leerling aan die Laerskool Emfulenipark.

Ook sy speel al van haar graad RR dae hokkie en geniet elke oomblik op die hokkieveld. Sy is deel van die laaste linie van verdediging en doen ‘n goeie taak as heelagter.

Nie net draf Carlie vir haar skool se eerstespan uit nie, sy is ook gekies om Sedibeng in die D8 te verteenwoordig en het al vir die Vaal Cats Intercity span gespeel.

Carlie Pretorius maak seker om die bal weg te keer. Foto: verskaf

Alhoewel al vyf meisies gekies is vir die span na Nederland, is hul ouers tussen twee vure of hul die kinders kan stuur.

Ongelukkig moet al die onkostes uit eie sak betaal word en is dit nie altyd moontlik in vandag se swaar ekonomiese tye nie.

Indien daar ‘n besigheid of individu is wat moontlik enige van die spelers kan help, kontak hul afrigter, Brad Brook by 083 605 0005.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button