Local newsNewsNews
Fantalla tyd by Cow & Bull ‘Birthday Bash’
VEREENIGING. - Dié show was glad nie 'n "drag" nie ... in kort dit was 'n fantalla aand toe Cow & Bull verlede Saterdag sy sesde bestaansjaar gevier het.
Linel en Dries Visser het verlede naweek weer eens bewys waarom Cow & Bull by die Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaars-toekennigs, wat in April in Pretoria gehou is, met die trofee: Best live show venue weggestap het.
Met hul “Birthday Bash” het hulle vir puik vermaak gesorg met ‘n rits kunstenaars wat die verhoog betree het:
Craig du Toit Nel, Rea le Roux (die Vaal se eie Kobus het saam met haar op kitaar gerock), Kitana Klitorus, Francois Deysel, Charné Chruchill, Viktoria en Victor Bravo.
“Ons wil net dankie sê vir almal wat die naweek daar was en almal wat gehelp het, elke kunstenaar wat opgetree het, en elkeen wat dit moontlik maak om Cow & Bull ‘n safe haven vir almal te maak.
“Ons het ‘n ver pad gestap die afgelope ses jaar en daar is nog baie wat voorlê. So watch this space!,” sê Linel en Dries.
Hier is van die aand se pret op en van die verhoog. Foto’s: Elsje Vermeulen












At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
