Local newsNewsNews

Spring spring is hul doel bereik

Die dames het 10 km op 'n trampolien gespring vir 'n goeie doel.

SASOLBURG. – Wanneer die dames van die Fit4Life Ladies gym besluit het om ‘n projek aan te pak, dan doen hul dit met oorgawe.

‘n Paar maande gelede het hul besluit om deel te word van die nasionale Jumping4Petals projek.

Die doel van die projek was om fondse in te samel om sanitëre produkte aan skole te kan skenk.

Landswyd het 460 springers van 26 dorpe deelgeneem. Die groot dag was 22 April.

Jacoline Cronje, eienaar van Fit4Life Ladies gym, sê die oggend het 18 dames al vlak voor 07:00 bymekaargekom vir die groot sping aksie.

Hulle moes 10 km (gemeet op selfoon toeps) op die ronde, draagbare trampoliens spring.

“Die 10 km het na ‘n groot uitdaging geklink, maar op die dag was die gees in die gym so hoog dat ons dit in 1 uur en 10 min voltooi het.

“Ek glo elke vrou wat saam ons gespring het sal saamstem dat die dag onvergeetlik was.  Daar was baie gelag en saam gesing terwyl ons gespring het,” het Jacoline gesê.

Landswyd is daar 8532 pakke sanitêre produkte ingesamel. Jacoline het gesê die fondse wat deur Fit4Life Ladies gym ingevorder is, sal gebruik word om sanitêre produkte te koop wat aan skole in Sasolburg en Vaalpark oorhandig sal word.

“Ek as gym eienaar is baie trots op al my gym dames wat gehelp het om hierdie projek so ‘n groot sukses te maak.

“Ek is dankbaar vir elke bydrae en elke pakkie sanitêre produk wat geskenk is. Ek het soveel waardering vir elke springer en ondersteuner wat die dag bygewoon het.

“Die vrouens het gekom met baie gees en was vasbeslote om hierdie ‘n sukses te maak en terselfdertyd het hulle dit baie pret gemaak. Ons is ook geweldig dankbaar vir die publiek en al die besighede wat ‘n bydrae gemaak het, die besighede in ons gemeenskap is sowaar besonders,” het sy laat weet.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button