VAALPARK. – Wanneer organisasies besluit om saam te werk gebeur daar dinge.
Onlangs het verskeie organisasies en besighede in Vaalpark uitgereik na die Metsimaholo Munisipaliteit om ‘n gesamentlike projek te loods.
Die straatligte op die hoek van Bloukrans en Oliviershoek was buitewerking en Afriforum, Riemland Caltex en Easi Access het saamgespan om te kyk waar lê die fout.
Met harde werk en toewyding het 12 lamppale weer lig gehad. Volgens André du Toit van Eazi Access – Vaal het die span drie kabelfoute en ses aardfoute herstel.
Hopelik sal meer sulke projekte in die nabye toekoms volg om seker te maak dat al die kruisings in die dorp verlig is in die aand.
