Local newsNewsNews

SA werkloosheidsyfer staan tans op 32,9%

Luidens die jongste statistiek wat vandag bekend gemaak is, staan die werkloosheidsyfer tans op 32,9%. Dit het 32,7% beloop in die vierde kwartaal van 2022.

“Die groeiende werkloosheidsyfer in Suid-Afrika is ʼn direkte gevolg van die ANC se skouspelagtige mislukking as regering,” sê Heloïse Denner, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Arbeid.

Sy voer verder aan dat rasgedrewe wetgewing soos die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming werkloosheid net laat vererger.

“Die VF Plus is ten sterkste gekant teen hierdie ongrondwetlike en diskriminerende wetgewing en sal daarom toetree tot die regstryd wat Solidariteit daarteen van stapel gestuur het.

“Die voorgestelde rassekwotas van dié wet, waarvan konsepregulasies Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer is, sal diskriminasie teen wit, bruin en Indiër tot nuwe vlakke voer.

“Hiervolgens sal streng kwotas op vier posvlakke in agtien verskillende sektore ingestel word en die regering het deur die minister totale beheer oor die toepassing daarvan.

“Dit sluit in alle top- en senior bestuurslede asook beroepslui en vaardige werknemers. Maatskappye in alle provinsies met vyftig of meer werknemers kry slegs vyf jaar om ten volle aan die wet te voldoen.

“Wat veral kommer wek, is dat werkloosheid oor die laaste jare in verhouding eksponensieel toeneem met die verval op elke gebied onder die ANC.

“Om vir die krisis op te maak, skep die regering nou op kunsmatige wyse werk vir die swart massa deur rassewette wat kundiges uit die arbeidsmark sluit.

“Een van die hoofredes vir die Suid-Afrikaanse ekonomie se terminale toestand is juis die verval in dienslewering weens onbevoegdheid.

“Hierdie wysigingswet sal die finale doodskoot vir dienslewering in die algemeen en vir die ekonomie en werkskepping deur die privaatsektor in sy geheel wees.

“Die ANC is besig met desperate pogings om sy onvermydelike ondergang te keer en is in die proses bereid om die land en al sy mense saam oor die afgrond te sleep.

“Die ANC het ʼn ongeneeslike siekte geraak wat besig is om die land te vernietig,” sluit sy af.

* Die VF Plus doen ʼn dringende beroep op elke stemgeregtigde om seker te maak dat hulle geregistreer is om die ANC in die komende nasionale verkiesing by die stembus te straf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button