Video: Bende skiet OTM aan flarde
Werknemers van 'n vulstasie in Sharpeville het 'n noue omkoming gehad toe 'n gewapende bende 'n OTM binne die gerieflikheidswinkel opgeblaas het.

SHARPEVILLE. – ‘n Gewapende bende van tussen 10 en 20 lede het in die vroeë oggend-ure van 10 Mei op die Q 4 vulstassie naby Tau-bazaar en Phelindaba begrafplaas in Sharpeville toegeslaan.
Die OTM wat in die vulstasie se gerieflikheidswinkel geleë is, is twee keer met plofstof geskiet nadat die winkel se glasdeur oopgeskop is. ‘n Derde ontploffing was gebruik om toegang tot die res van die gebou te probeer kry. Die poging was onsuksesvol.
Volgens die eienaar van die vulstasie is meeste van die kontant in die teller opgeblaas. Die gebou en voorraad in die winkel is deur die skrapnel van die ontploffing verwores.
Een van die petroljoggies is skrams in die arm getref nadat die bende deur ‘n staaldeur met ‘n 9mm pistool akote afgevuur het.
Volgens die eienaar wat om veiligheidsredes annoniem wil bly is daar nuwe en stranger maatreëls geimplimenteer om die veiligheid van sy werknemers te verseker.
Die betrokke werknemers sal berading ontvang.
