Local newsNewsNews

Hekel en kekkel is gereed vir marathon

Vaaldriehoekers gaan ook aan die groot hekel marathon deelneem

VANDERBIJLPARK. – Die Hekel en Kekkel groep sê hulle is gereed vir die groot Safari Hekel Marathon.

Die landswye marathon skop 26 Mei om 12:00 af en duur ‘n volle 30 uur.

Die doel van die unieke marathon is om blokkies te hekel wat uiteindelik komberse sal vorm wat aan liefdadigheidsorganisasies geskenk sal word.

Mariette de Klerk van die Hekel en Kekkel groep sê hulle gaan by die LCF kerk op die hoek van Barrageweg en Rossini-boulevard bymekaarkom.

“Ons nooi enige een uit om saam met ons te kom kuier en die hekelpenne te wikkel. Bring net jou eie wol en hekelpenne en kom geniet dit.”

Almal gaan die tradisionele “granny squares” hekel van 20 cm by 20 cm, met ‘n paar dames wat 36 blokke op ‘n slag bymekaar gaan sit om ‘n kombers te vorm.

Die manne sal ingespan word om wors te braai en koffie te maak.

Mariette het laat weet hulle kan doen met nog baie wol donasies of geldelike donasies om wol te koop. Vir meer inligting kontak haar gerus by 083 310 0865.

Die Hekel en Kekkel groep bestaan al sedert 2016 en maak ‘n punt daarvan om so een maal per maand by Stone Haven on Vaal bymekaar te kom.

By die maandelikse hekel en kuiersessies word daar lekker gekuier, patrone uitgeruil en geëet.

Die spesifieke groep het ook al heelwat trooskombersies gehekel wat hul dan aan mense skenk wat geliefdes aan die dood afgestaan het.

Dis ook nie net Hekel en Kekkel wat in die Vaaldriehoek aan die groot hekel marathon gaan deelneem nie.

Die ander lokale in die Vaal met hul kontaknommers is:
Die Pers Stigting, 33 Bequeralstraat, Vanderbijlpark. Annari 083 924 4340
Jeugland Tehuis vir Bejaardes, Vanderbijlpark Elsabe 082 206 9071
Cherry on Top Coffee Shop, Vereeniging, Yolandi 016 427 1030
Alpaca Visitors Centre, Walkerville, Sonja 064 682 0841
Riversdal, Meyerton, Marie 082 416 1876
Sasolburg, Betsy 083 324 5485

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button