Local newsNewsNews
Hoërskool Sasolburg deel hul warmte
Toe Helplift Netwerk Vaaldriehoek sowat ‘n maand gelede aan Hoërskool Sasolburg se deure geklop het om hulle hulp aan te vra vir ‘n wintersinsameling, het die skenking alle verwagtinge oortref.
SASOLBURG. – Helplift Netwerk Vaaldriehoek kon saam met Hoërskool Sasolburg heelwat warm klere insamel om minder bevoorregte mense warm te hou hierdie winter.
Juffrou Carin Wilsenach het van dag een af met groot toewyding planne beraam om Helplift Netwerk Vaaldriehoek te help en haar wonderlike VRL-groep ingespan om die beste te maak van hierdie geleentheid.
Helplift het Hoërskool Sasolburg bedank vir hul hulp.
Helplift Netwerk se liefdadigheidswinkel is Maandae, Woensdae en Saterdae oop.
Helplift Netwerk se missie is om mense te inspireer en mense in staat te stel om ander te help.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
