Local newsNewsNews
Dringend! Sit af die geisers,Town Sub onder druk
Inwoners van A14 in Vanderbijlpark gemaan om elektrisiteit te spaar

VANDERBIJLPARK- Inwoners van A14 word gevra om alle onnodige ligte, geisers en verwarmers af te skakel.
Die noodversoek is op Woensdagaand, 16 Mei op netwerke versprei.
Die versoek is gerig om te keer dat die transformer, wat heeltemal te klein vir die groot area is, nie heeltemal ingee nie.
Gedeeltes van die CW-areas, Bonnane en Bophelong word reeds die afgelope 48 uur aan ongeskeduleerde kragonderbrekings onderwerp in ‘n poging om die druk te verlig.
Sit asseblief die ekstra ligte ens af voordat die areas weer vir weke in donker gehul word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
