Local newsNewsNews

Rotariërs skenk watertenk en kos

Rotariërs reik uit na die gemeenskap

VANDERBIJLPARK. – Die Rotary Klub van Vanderbijlpark het onlangs ‘n watertenk aan Huis Frangipani, een van die Jabes Foundation se pleeghuise geskenk.

Die tenk is deur die voorsitter van die Jabes Foundation, Johan Riekert en Huis Frangipani se huisouers, Ben en Rina Riekert in ontvangs geneem.

Die watertenk sal baie help om al vier pleeghuise van water te voorsien wanneer Vanderbijlpark probleme met water ondervind.

Die sementfondasie vir die tenk is deur Alco Beton voorsien. Tydens die geleentheid het die Rotariërs ook blikkieskos wat deur CMM Prokureurs na hul Potjiekosdag ingesamel is, oorhandig saam met toiletware wat deur Avis geskenk is.

Vir meer inligting oor die Rotary Klub van Vanderbijlpark en hul projekte, besoek hul facebookblad @Rotary Klub of Vanderbijlpark.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button