Kom kuier op 26 en 27 Mei by die Vaalpark Kothuismark!
Kom kuier vandag en more: Tye: Vrydag, 26 Mei: 09:30–17:30; Saterdag, 27 Mei: 08:30–15:30
Vaalpark Kothuismark
Aangebied deur Henry & Marlene Franck by The Homestead Guesthouse, Oliviershoekweg, Vaalpark (langs Caltex).
083 231 7273.
info@kothuismark.co.za
www.kothuismark.co.za
Die aap is helaas uit die mou!
Van hierdie jaar af gaan ons net een keer per jaar ons makietie hou!
26 & 27 Mei is die datums van ons keuse;
ons hoop om jou te sien na dese.
Daar’s heelwat nuwe uitstallers op die horison;
ons weet dat hulle almal hier sal uithaal en wys en pragtig gaan blom.
Die koffiewinkel het ‘n gedaanteverwisseling ondergaan:
kry daar ‘n teetjie, handewerk en emaljeware en voel van voor-af welgedaan.
Die geur van brode vars van die plaas behoort jou hierheen te laat haas.
Koffie word nie afgeskeep en jy kan ook vir jou vars bone af laat meet.
Dalk verras ons jou met ons voor-die-pandemie veteraan popklerevrou
en jy kan vir Kleinsus ‘n verrassing koop waarvan sy baie gaan hou.
Hier is ook ‘n bekende “mysikint” met haar geskenkestal;
gaan maak ‘n draai in die kantoor om vir al haar mooigoed te val.
Ons is bly om weer vir Erna met haar jasse hier te hê;
gaan kry een in die markiestent, anders het die winterkoue dalk die laaste sê.
Ware Kothuismarknostalgie word beslis nie weggegooi,
en ons wil jou na ons bazaarstal vol spinasie-, biltong- en melkterte nooi!
Ons hoop om julle almal weer hier te sien
sodat ons nou-al bekende, met-die-hand-uitgesoekte uitstallers
julle aangenaam kan verras en met hul talente kan bedien.
Hulle werk kliphard daaraan om vir hierdie “once off” nuwe idees uit te dink
sodat jy vir 2023 jou geskenkelaai en kreatiewe beker propvol kan skink.
Gaan kyk daar om die draai waar Marius sy heerlike vetkoeke staan en braai
en ondersteun die skool se pannekoekstal voordat jy in die pad huistoe val.
Tye: Vrydag, 26 Mei: 09:30–17:30; Saterdag, 27 Mei: 08:30–15:30
