Walroux Tolmay (regs) en dr. Francois van der Berg (uitvoerende hoof van die National Eisteddfod Academy). Foto: Verskaf
Walroux Tolmay, ‘n gr. 5-leerder van Laerskool Vryheidsmonument, het op Saterdag 13 Mei 2023 aan die finale rondte van die “National Eisteddfod Young Performer Awards Competition” deelgeneem by die Roodepoort Teater.
Hy was gekies as die “Overall Junior Phase Winner” met sy dramastuk, Krieket.
In die finale rondte word alle genre’s saam beoordeel bv dans, sang, musiekinstrumente, kore en drama. Kinders van reg oor die land het deelgeneem.
Walroux is ‘n leerder van die Sonja Myburgh Dramaskool.
Waldo is ‘n leerder aan die Laerskool Vryheidsmonument in Vereeniging. Foto: Christiaan CloeteWalroux Tolmay (regs) met sy oorkondes. Saam met hom is dr. Francois van der Berg (uitvoerende hoof van die National Eisteddfod Academy). Foto: Verskaf
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!