Local newsNewsNews

Drie onwettige myners van Zim in hegtenis geneem

Drie mans het Maandag (12 Junie 2023) vlugtig in die Vereeniging-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met oorteding van die Wet op Waarevolle Minerale 37 van 2005.

VEREENIGING. – Hulle sou Woensdagoggend (14 Junie 2023) hul borgaansoeke gebring het.

Die trio, Prince Dube (30), Carlton Mphofu (28) en Themba Beki (33), is Donderdag 8 Junie 2023 in Midvaal in hegtenis geneem nadat hulle op heterdaad betrap is.

Hulle was glo besig was om gouddraende materiaal by ‘n erf in Douglasweg in die omgewing van Tedderfield, Eikenhof en De Deur te verwerk.

Volgens kol. Philani Nkwalase, ‘n woordvoerder vir die valke, is twee “pendukas” saam met ander verwerkingsmateriaal en gouddraende materiaal ter waarde van R1,1 000 000 in hul besit gevind.

Verdere ondersoek het getoon dat die drie verdagters van Zimbabwe af is.

Hulle word ook aangkla van oortreding van die Wet op Immigrasie 13 van 2002.

Die soektog- en beslagleggingsoperasie is deur die Valke se eenheid vir georganiseerde misdaad van Vaalrand, die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, die forensiese laboratorium in Pretoria, die Sedibeng taktiese reaksiespan, Sibanye Stillwater en die De Deur GPF gedryf.

Die aanleg in Midvaal waar gouddraende materiaal verwerk is. Foto: Verskaf
Die aanleg in Midvaal waar gouddraende materiaal verwerk is. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button