Uit my pen – die week in Vaalweekblad
Goeie nuus. Vaalweekblad is reeds te koop van vandag, 15 Junie, weens die vakansiedag môre.
Vaalweekblad bied hierdie week weer lekker leesstof vir die langnaweek.
Ons kuier saam met Johan Prinsloo, voormalige skoolhoof van Die Fakkelskool in Sasolburg en vind uit waarmee is hy alles doenig sedert sy aftrede. Bl. 5
Lees die storie van Bruno wat onlangs almal se senuwees op hol gehad het toe hy op ‘n plaas weggeraak het. Bl. 4
Maak nader kennis met die Vaal se kitaar maestro in wording, Vincent van Schalkwyk. Die jongman weet hoe om die kitaar te laat praat. Bl. 7
Al ooit gehoor dat iemand ‘n maand voor die tyd besluit om vir die eerste keer aan ‘n nasionale sterkmankompetisie deelneem en dan met ‘n medalje wegstap? Wel, dis presies wat ‘n jong Valie van Vaalpark gedoen het! Bl. 15
Leomand Jacobs (9) speel die jaar die gholfbane warm. Meer oor sy prestasies op bl. 15.
Geniet die langnaweek. Bly warm.
Groetnis van huis tot huis
