Local newsNewsNews
KYK: Konsentrasiekampdag in Vereeniging herdenk
Vrydag (16 Junie 2023) was konsentrasiekampdag en regoor die land het Afrikaners gedenkdienste gehou om die lyding van hul voorouers in konsentrasiekampe te onthou. Ook by die Konsentrasiekamp Begraafplaas in Vereeniging is die dag herdenk.
VEREENIGING. – Konsentrasiekampdag word elke jaar op 16 Junie herdenk.
Op dié dag in 1900 het Lord Roberts die verskroeideaardebeleid aangekondig.
Volgens hierdie beleid is byna al die Boere se plaashuise verbrand, vee doodgemaak, lande verbrand en vroue en kinders na konsentrasiekampe met onvoldoende kos en mediese dienste gestuur.
In 1901 het ongeveer 25 000 kinders en 3 000 vroue in hierdie kampe gesterf.
Die dag se verrigtinge het het ‘n skyngeveg, vlagplanting, opvoerings, volkspele in ‘n kranslegging ingesluit.






At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
