Local newsNewsNews

Rotariërs se Kersfees in Julie – bespreek vandag

Vier Kersfees in Julie saam met die Rotariër Klub van Vanderbijlpark en Franz Geldenhuys ten bate van die Winter Angels projek.

VANDERBIJLPARK. – Wat is nou lekkerder as om die lekkerte van Kersfees in die hartjie van die winter te ervaar?

Dit presies wat die Rotary Klub van Vanderbijlpark beplan vir Saterdag, 1 Julie by Stonehaven River Terrace.

Die oggend se Kersfeesvieringe skop af om 10:00 met die bekende Franz Geldenhuys as seremoniemeester en gaskunstenaar.

Franz bekoor gehore nou al vir jare met sy besonderse sangtalent en vaardigheid agter klavier en orrel.

Asof die eersteklas musiek nie al genoeg van ‘n Kersfeesbonus is nie, sal daar ook heelwat geskenke uitgedeel word.

Sinterklaas se kantoor het laat weet die oggend is nie ‘n damestee nie, daar sal geskenkies vir mans en dames wees, maar dan moet die manne bywoon. ‘n Ligte middagete word bedien.

Die middel van die jaar Kersfees is vir ‘n goeie doel. Fondse word ingesamel vir die Rotary Klub van Vanderbijlpark se Winter Angels projek wat jaarliks truie, mussies en serpe brei en versprei waar die nood op sy hoogste is.

Kostes beloop R200 per persoon. Bespreek jou kaartjie vandag nog by Jeanette 082 774 9537, Jackie 084 326 5228 of Celeste 083 453 2178.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button