Plaaslike ginmaker wen goud in België
Lizl Giacomozzi, ’n plaaslike ginmaker, het twee goue onderskedings vir haar handgemaakte Comozzi gin by die Intercontinental Spirits Challenge in België gewen.
MEYERTON. – Gin van ginmakers regoor die wêreld word jaarliks by dié kompetisie beoordeel en daar is streng beoordelingstandaarde.
Lizl se Gin Spicy en Comozzi Gin Sitrus het die beoordelaars in vervoering gehad. Lizl se naam het oor die afgelope paar jaar sinoniem geword met uitnemendheid in die wêreld van handwerkdistillering.
Haar harde werk en passie vir die vervaardiging van unieke, hoëgehalte-spiritus het haar talle eerbewyse verower.
Sy het is in 2021 ook as Vrouedistilleerder van die Jaar aangewys. Wat Lizl van die res onderskei, is haar toewyding om slegs die beste bestanddele en tradisionele distilleermetodes te gebruik om haar kenmerkende versnitte te skep.
Haar aandag aan detail en toewyding aan haar handwerk het gelei tot jenewer wat nie net lekker is nie, maar ook uniek in hul geurprofiele.
Die goue onderskeidings wat aan Comozzi Gin Spicy en Comozzi Gin Sitrus toegeken is, is ‘n bewys van die kwaliteit van haar werk en die kreatiwiteit wat sy na die wêreld van handwerkdistillering bring.
Lizl hoop dat haar sukses by die onlangse kompeisie as inspirasie vir ander vroue in die bedryf dien.
Haar Comozzi Gin is ‘n bewys van die feit dat met passie, harde werk en aandag aan detail, enigiemand ‘n werklik uitsonderlike produk kan skep.
