ArcelorMittal-atlete bring die medaljes huistoe
Altesaam 46 atlete van die ArcelorMittal Atletiekklub in Vanderbijlpark het vanjaar se Comrades-wedloop tussen Pietermaritzburg en Durban begin. 41 van hulle het die wedloop voltooi.
VANDERBILJPARK. – Altesaam 11 van die 12 dames wat vir vanjaar se wedloop ingeskryf het, het die wedloop voltooi.
Van die 34 mans wat ingeskryf het, het 30 die wedloop voltooi.
Mabushi Tjie, die eerste van ArcelorMittal se atlete oor die eindstreep, het in ‘n tyd van 07:14 klaargemaak en ‘n silwer medalje verower. Die medalje word toegeken aan atlete wat die wedloop in onder sewe uur en 30 sekondes voltooi.

ArcelorMittal se atlete het altesaam 6 Bill Rowan-medaljes behaal. Hulle is Stephan Aucamp, Christo Crause, Mike Lekgothoane, Malie van der Walt (altesaam 29 medaljes), Johan Grant (altesaam 34 medaljes) en Chantell Engelbrecht (wat ook haar Back-2-Back medalje ontvang het). Die medaljes word toegeken aan atlete wat die wedloop tussen 07:30 en 9:00 ure voltooi.
Agt van ArcelorMittal se atlete het Robert Mtshali-medaljes ontvang. Hulle is Regart Booysen, Dylan Groenewald, Paulus Mokhachane, Lukas Vanto, Zakes Pule, Frederick Gray, Bhekani Chele, Cornea Esterhuizen. Die medaljes word toegeken aan atlete wat die wedloop in onder 10 ure voltooi.

13 van ArcelorMittal se atlete het brons medaljes verower deur die wedloop in onder 11 ure te voltooi. Hulle is Jacques Engelbrecht, Teboho Ndebele,Quinton Steyn, Roelof Grove, Gert “Gieppie” Pietersen (20 medaljes/groen nommer), Pieter Letsipa, Peet Fourie, Adriaan Liebenberg, Tefo Ramokhothwane, Felicia Kruger, Jacob Mokoena, Max Phaladi, Zarita v Bosch.
Altesaam 13 van ArcelorMittal se atlete het Vic Clapman-medaljes verwef deur die wedloop onder 12 ure te voltooi. Hulle is Anton Groenewald, Marie du Plooy, Barbara Mitchell,Yolandi Rodrigues, Carla Jooste, Mzomule Ngiba, Thabo Raphadu, Ivan Schweers, Louw Lubbe, Carol Bloem, Lyndy Verster, Ruben Kragara, Ignatius Botha.

*Vaalweekblad het vroeër berig dat ArcelorMittal se Comrades-veteraan, Malie van der Walt, ‘n eerste plek in haar ouderdomskategorie (vroue, 60+) behaal het.
