Local newsNewsNews

Graad 6-leerder slaan rol in KykNet-fliek los

Dawian van der Westhuizen, ‘n gr. 6-leerder van die Laerskool Vryheidsmonument in Vereeniging, het ‘n rol in die KykNet-fliek “Tjommies” losgeslaan.

VEREENIGING. – Die fliek gaan blykbaar oor ‘n afgetrede polisiespeurder wat aan agorafobie, ‘n angsversteuring, ly en ‘n uitsettingskennigsgewing kry en dan bevriend raak met ‘n hawelose seun.

Die twee beraam dan planne om hul verse te oorwin.

Dawian se talent sal nog baie in die toekoms op die groot skerms gesien word.

Mnr. Pieter de Bruyn, hoof van Laerskool Vryheidsmonument, sê: “Ons as Monnies is baie trots om talentvolle leerders soos Dawian deel van ons Vryheidsmonument-familie te kan hê.”

Die plakkaat vir die kykNet-fliek “Tjommies”. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button