NewsNews

Motoriste gewaarsku oor toestand van duikweg by Boy Louw-brug

Motoriste word aangeraai om liefs die pad onder die treinbrug oor Boy Louwstraat in Vereeniging te vermy.

VEREENIGING. – Die duikweg is weer onder water en daar is tamaai slaggate onder die water.

Blykbaar is toerusting by ‘n nabygeleë pompstasie gesteel en gevolglik het die pad weer oorstroom.

Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se departement van paaie werk glo aan die probleem.

Om ongelukke en skade te vermy, waarsku asseblief almal oor die toestand van die pad,” versoek ‘n inwoner.

Die duikweg in Boy Louwstraat. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button