Local newsNewsNews

Uit my pen – die Week in Vaalweekblad

Loer wat wag die week in die Vaalweekblad. Te koop vanaf Vrydag, 23 Junie.

Hierdie week is daar weer ʼn mengelmoes van stories en gebeure in die Vaalweekblad.

Op bl. 6 is daar ʼn storie so reg uit ʼn Hollywood rom-com. Die Malans is vanjaar 54 jaar getroud, maar dis die begin van hul verhaal wat die hartsnare roer.

Ons maak nader kennis met die voorsitter van die GTCoC sakekamer, Jaco Verwey wat op sy dag ʼn handige paaltjiewagter was en ook gereeld sy buiging op die verhoog gemaak het.

Die Rotariër Klub van Vanderbijlpark spog met ʼn nuwe klubpresident, Adri Roos en ons het gaan nader kennis maak.

Vind inspirasie in die dames van die Aqua Splash Klub, die oudste is 87, wat nog gereeld saam wateroefeninge doen en kuier.

In my rubriek, Ek sê maar net, vertel ek meer oor wat gebeur as daar skielik duisternis in die kantoor neerdaal.

Dan is daar natuurlik nog vele ander interessante artikels en sportnuus.

Gaan kry jou Vaalweekblad, beskikbaar vanaf 23 Junie en geniet die lees.

Groetnis, van huis tot huis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button