Local newsNewsNews

Basta met die ouderdom, hier word daar geoefen

Die vrolike dames van die Aqua Splash Klub stel 'n goeie voorbeeld aan almal met hul toegewydheid en deursettingsvermoë

VANDERBIJLPARK. – Weeksdae vroegoggend sal jy hulle in die groot gym se binneshuise swembad vind.

‘n Klompie dames almal ouer as 60 jaar en so ‘n paar wat al die 80 merk bereik het, aan’t oefen op die maat van musiek.

Hul noem hulself die Aqua Splash Klub en die ywerige oefenentoesiaste kom al vir jare saam.

Met die jare het hul ook vriende geword en ‘n tradisie begin bou om elke Maandagog gend na klas eers saam koffie of tee te geniet.

Joan van der Merwe en Chrissie van Aarde is albei al jare deel van die Splash Klub.

Onder die bekwame oog van afrigter, Dalene Kriel wat die oefeninge van die kant af demonstreer, word daar gespring en gewikkel in die warm water.

Die dames is dit almal eens dat hul nie sonder hul wateroefeninge kan gaan nie. Van hulle is elke oggend daar, ander probeer vir so drie keer ‘n week, maar Maandae mis hul nie.

Carol de Witt (87) sorg dat sy elke dag daar is. Op 87 bestuur sy nog self en het vier jaar gelede nog haar kinders se senuwees op hol ge had toe sy vrou alleen die pad Kaap toe aangedurf het vir ‘n vakansie.

“As ek my liggaam in beweging hou, hou dit my brein gesond en as my brein gesond is, is my liggaam gesond,” vertel sy met ‘n groot glimlag. “Dis ook baie lekker om so ‘n bietjie met die ander dames te sosialiseer.”

Chrissie van Aarde en Marry Ackerman sê hulle is al deel van die besondere klub sedert 2006, terwyl Gerda Smit sê die afgelope 18 maande se samesyn het haar week sommer weer kleur gegee.

Gerda Smit en Marry Ackerman. Marry is al deel van die klub sedert 2006.

Suzette Vlotman wat ook al ‘n geruime tyd in die oggende aan die wateroefeninge deelneem alvo rens sy en haar man gaan gym, sê die groep is baie spesiaal.

“Ons is sommer ‘n lekker mengsel van kulture. Hier is ‘n Poolse tannie en twee dames wat oorspronklik van Skotland kom en een van Engeland. Jy moet hoor hoe praat hulle al Afrikaans,” vertel sy.

Die oudste in die klub is Anna Fourie wat onlangs 88 geword het. Sy glo daaraan om vir elke groot ver jaardag die adrenalien te laat loop.

Vir haar 70ste het sy in ‘n warmlug ballon gevaar, vir haar 80ste het sy ‘n tandemvalskermsprong gedoen en die dag toe sy 85 word, het sy met Go Carts gaan jaag.

Avontuurlustige Anna Fourie. Foto: verskaf

So eenmaal per maand doen hulle ook iets ekstra spesiaal, soos om byvoorbeeld hoede te dra.

“Hier by die gym is daar gewoonlik die een of ander tema, maar selfs as hier nie iets gebeur nie, dan laat ons iets gebeur,” het hulle laat weet.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button