MEYERTON. – Marietjie van de Reede sê een van die bure het haar Donderdagaand laat weet dat die hoofdrein verstop is, waarna sy na haar huis teruggekeer het om self te gaan kyk.
“Sy het vir my gesê ek moenie skrik as ek by die huis kom nie,” vertel Marietjie.
Toe ek by die huis instap toe trap ek in die gemors in.
Teen daai tyd het die rioolwater reeds tot kniehoogte opgestoot.
Marietjie was Vrydag by die werk en sê sy het nog nie die omvang van die skade bepaal nie.
Sy weet wel dat die krag afgegaan het en dat baie van haar elektriese toestelle geblaas het.
Van der Rheede sê dit stink so erg dat sy nie in die huis kan slaap nie.
Sy sê sy is kwaad oor wat gebeur het.
Volgens Van de Reede het sy by ander mense gehoor dat ‘n pompvragmotor van die munisipaliteit blykbaar rioolwater in die hoofdrein gepomp het en dat dit die rede is waarom die hoofdrein verstop het.
Rdl. Gerrit Viljoen, Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se burgemeesterskomiteelid vir paaie, het by navraag gesê die bewerings van die munisipale pompvragmotor wat rioolwater in die drein gepomp het is van alle waarheid ontbloot.
Volgens Viljoen pomp die munisipaliteit se pompvragmotors rioolwater by die rioolsuiweringsaanleg uit.
Viljoen het Vrydag (23 Junie 2023) by navraag gesê dat die dreine oopgemaak is en dat die probleem (van die verstopte hoofdrein) nou opgelos is.

