Local newsNewsNewsSport
Voormalige SA-bokskampioen (63) sterf in Meyerton
Die voormalige Suid-Afrikaanse ligte swaargewig kampioen Sakkie Enslin is Woensdag (21 Junie 2023) op 63-jarige ouderdom in sy slaap dood.
MEYERTON. – Enslin het ten tye van sy dood in Meyerton gebly.
Enslin is op 21 Maart 1960 gebore en het in Melkbos buite Kaapstad grootgeword.
Hy was ongeveer 13 toe sy pa Jan, ‘n passer en draaier van beroep, na Vereeniging verhuis het.
Hy het as jong seun in sport uitgeblik en later ook begin boks.
Enslin is as die Suid-Afrikaanse ligte swaargewig kampioen gekroon toe hy in 1985 vir Solomon Zuma in Durban geklop het.
Hy het sy titel teen Freddy Rafferty en later weer teen Zuma behou, maar in 1986 het Sakkie Horn hom geklop.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
