Local newsNewsNews
KYK: DA skud vere reg vir 2024 algemene verkiesing
Met die algemene verkiesing van 2024 om die draai het die DA van Wyk 13 van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit Saterdag (24 Junie 2023) begin om hul politieke vere reg te skud.
MEYERTON. – Die algemene verkiesings vind aanstaande jaar plaas, maar die spesifieke datum is nog nie bevestig nie.
Die algemene verkiesing word gehou om ‘n nasionale vergadering sowel as die provinsiale wetgewer in elke provinsie te kies.
Dit sal die sewende algemene verkiesing wees sedert die einde van die apartheidsera in 1994.
Rdl. Gerrit Viljoen, burgemeesterskomiteelid en wyksraadslid vir Wyk 13 van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, en ‘n groep DA-lede was op die hoek van Willie van der Merwestraat en Jim Fouchestraat in Riversdale om lede vir die party te werf en seker te maak dat almal geregistreer het om te kan stem.



At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
