Local newsNewsNews
Twee beseer toe voertuig by Meyerton rol
Twee mense is in 'n stabiele toestand in die hospitaal nadat die bestuurder van 'n ligte voertuig Sondagoggend beheer oor die voertuig verloor en dit omgeslaan het.
MEYERTON. – Volgens CERT-SA is die noodoproep omstreeks 01:44 ontvang nadat die voertuig by Weilbakstraat in die Meyerton-omgewing gerol het.
Albei insittendes is blykbaar tydens die ongeluk uit die voertuig geslinger.
“Albei pasiënte het matige tot ernstige beserings opgedoen en is op die toneel behandel terwyl daar vir ambulanse gewag is.
“Albei die pasiënte is deur ER24 na die hospitaal geneem vir behandeling en is in ‘n stabiele toestand,” sê CERT-SA in ‘n verklaring.
Midvaal-brandweer, die Midvaal-verkeersdepartement, Meyerton-polisie, ER24 en A-Assist-insleepdiens het op die toneel gehelp.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
