Jaco Verwey – Sakekamer se woelige voorsitter
Ons het by Jaco Verwey, GTCoC se voorsitter gaan inloer en meer oor die man agter die titel te wete gekom.
SASOLBURG. – Jaco Verwey is bekend in die Vaaldriehoek as een van die Golden Triangle Chamber of Commerce (CTCoC) se staatmakers.
Hy het onlangs weer die leiding by die sakekamer oorgeneem. ‘n Pos wat hy voorheen ook beklee het. Dan is sy familie al dekades die eienaars van Julies Glass.
“My pa het die winkel gekoop toe ek 10 jaar oud was en van toe af is ek en my twee broers al ingespan om te help in die winkel en ruite te vervang,” onthou hy.

Jaco het ‘n hart vir die Vaaldriehoek en beskryf homself as ‘n groot patriot. Hy het nog nooit eens daaraan gedink om die gebied te verlaat nie.
Die enigste tyd wat hy wel buite die Vaal spandeer het, was sy vyf jaar op universiteit. Jaco het B.Com LLB aan die voormalige PU vir CHO in Potchefstroom studeer.
“Ek was in Heimat dorpskoshuis en dit was nou wraggies lekker jare,” vertel hy met ‘n stout vonkel in sy blou oë. “Ek was altyd bietjie woelig en gereeld in die moeilikheid,” lag hy.
Dis nie dat hy lelik stout was nie, die man is net ‘n entrepreneur van formaat. So het hy en sy makkers gereeld al wat ‘n saal en spysenier ingsdiens vooraf uitgeboek.
Wanneer die koshuise dan begin dinees reël, was alles uitgeboek en dan het Jacohulle ingegryp en die dinees gereël teen ‘n goeie wins natuurlik.
Hulle het selfs een keer al wat SABwaentjie is vooraf bespreek en toe die JOOL komitee wou bespreek vir die JOOLplaas was daar nêrens beskikbaar nie.
Die rektor het hiervan te hore gekom en die jong entrepre neurs verplig om ‘n rand van elke bier wat verkoop word terug te skenk aan liefdadigheid.
“Ek het twee maande se gemeenskapsdiens gekry vir daai een,” sug hy en lag weer.
Op skool het Jaco uitgeblink in sport, veral krieket. “Ek was kolwer en paal tjiewagter. Dit het mense altyd ver stom, want vir ‘n paaltjiewagter was ek nogal lank.
”Op laerskool het hy al vir Transvaalskole gespeel. “Ek was die enigste Afrikaanssprekende onder die groep en ek het hulle ‘gerule.’ Graeme Smith het destyds my toerustingsak vir my gedra.”
Hy het steeds baie respek vir sy krieketafrigter uit sy laerskool dae, Coenie Herbst wat vandag skool hoof by Laerskool Kollegepark is. Jaco was in Laerskool Vaalrivier en later in Hoërskool Vanderbijlpark.
“Ouhoër was nog Ouhoër daardie jare. Dit was in die tyd van Oom PW Pieterse se laaste jare as hoof. Ek was darem net so drie maal in die moeilikheid by hom, maar ons het goed oor die weg gekom,” vertel Jaco, wat op sy dag hoofseun van Vaalrivier en Vanderbijl hoër was.
Naas sport het hy ook uitgeblink in drama. “Wyle Oom Gerrard Strydom het toe ek in standerd 7 was vir my ‘n toneelstuk geskryf, Straatstories. Ons het die finaal met daardie stuk gewen.
“Later het Oom Gerrard die toneelstuk aan die VUT verkoop en ek het saam met die studente by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees gaan optree.
“Ons het eendag in Oudtshoorn geloop, jy weet ons was ‘n ama teurgroep en moes maar self ons plakkate opsit, toe ‘n man langs ons stop en vra of ons wil saamry.
“Daardie jare was dit nog veilig en ons het nie twee keer gedink nie. Was eers toe ons in die kar was wat ons besef het dit was Pieter Dirk Uys.”
Jaco was later ook deel van die PUK Toneel groep en het dit selfs oorweeg om drama te swot. “Alhoewel, my aanlegtoetse het gewys ek moes argitek of predikant word,” beduie hy.
“Ek weet nie eintlik hoekom ek Regte gekies het nie, seker maar oor die mooie Ally Mcbeal wat desjare op die TV was.” Prokureur was hy wel, maar het hom na ‘n paar jaar by die familiebesigheid aangesluit waar hy steeds is.
Jaco glo daaraan om ‘n verskil te maak en sover moontlik ander te motiveer en hoop te bring.

“My drie seuns is my groot ste motivering. Ek wil nie eendag hê hulle moet my vra hoekom het ek niks gedoen om die verval te probeer keer nie. Te veel mense sit op die pawiljoen en kerm, en te min doen iets aan die saak. As elkeen net rondom sy eie huis opruim, dan het ons al ver gekom.”
Jaco sê hy het in 2019 besef hoe mense smag na goeie nuus en hoe baie mense betrokke wil raak toe hulle die wêreldrekord vir die grootste gebreide vlag aangedurf het.
“Sjoe, mense het van oraloor gehelp brei en sedertdien maak die tannies my mal, hulle wil net weet wanneer pak ons weer ‘n projek aan?”
Die goeie nuus is, hulle is reeds besig om te beplan aan die volgende wêreldrekordpoging – die wêreld se langste gehekelde serp wat saam met die Emerald Casino se Rock The Vaal fees en ‘n wêreldrekord vir die meeste potjiekospotte op een slag beplan word vir einde Maart 2024.
“Dis lekker, want ons bring die mense wat wil gee en doen uit by die mense wat hulp nodig het en terself dertyd wys ons sommer vir die wêreld dat alles in die Vaal gebeur!”
