Local newsNewsNews
Inwoners kan só hul watermeterlesings aanstuur
Die feit dat meterlesers van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit die afgelope paar maande nie betaal is nie, het tot gevolg gehad dat slegs geskatte lesings op baie van die state reflekteer wat uitgestuur gestuur is.

VEREENIGING. – Volgens Elize Aucamp, raadslid vir Wyk 45 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, is dit so, selfs al het verskeie inwoners hulself die lesings aangestuur.
Volgens Aucamp het Emfuleni aangedui dat hulle binnekort ‘n verklaring oor die kwessie sou uitreik.
Aucamp sê inwoers kan intussen hul lesings per epos stuur aan thabisos@emfuleni.gov.za of KgabiM@emfuleni.gov.za
“Dit is belangrik dat lesings voor die 7de van elke maand aan die bogenoemde e-posadresse gestuur moet word. Dit moet elke maand op dieselfde datum ingestuur word,” sê Aucamp.
“Die e-pos moet ook die rekeningnommer, sowel as ‘n foto van die meter insluit,” sê sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
