LEES: Afrikanerman se gedig aan EFF
Toe Pierre Wheeler, ‘n inwoner van Meyerton en lid van die VF+, gehoor het die EFF is opsoek na gedigte in al Suid-Afrika se 11 amptelike landstale het hy die geleentheid met ope arms aangegryp om vir die party ‘n gedig in sy moedertaal neer te pen.
MEYERTON. – Die kompetisie sluit vandag, 30 Junie 2023, en die wenner kan R50 000 wen deur ‘n gedig te skryf oor “die EFF se 10 jaar lange bestaan” en dit per e-pos te stuur aan Poems@effonline.org
“Laat jou verse ons trajek volg, laat jou verbeelding die geskiedenis herskryf. Druk uit, inspireer en skyn,” lui die uitnodiging.
Die EFF het later bevestig dat gedigte in al Suid-Afrika se amptelike tale en sélfs in Afrikaans welkom is.
Wheeler skryf in sy gedig:
Die EFF het my geleer:
Binne 10 jaar het die EFF my geleer,
Dat feite selde oor ideologie sal regeer,
In 10 jaar het die EFF my geleer om self
ondersoek te doen,
En dit is toe dat ek besef my mênse se verlede is vol toegee en versoen,
Vir 10 jaar skree die EFF dat die poppe sal
dans wanneer hulle demokrasie wen,
In dieselfde 10 jaar kyk ek hulle poging tot
revolusie en wonder of hulle regtig die
Skepper van my volk ken?
Die EFF het in 10 jaar my as grond dief
bemaak,
Hulle spoeg, skel en swaai hulle vuiste
terwyl hulle al swakker begin lyk in hierdie
saak,
Die EFF het my geleer dat alle goeie dinge
soos hulle nie vir altyd sal staan,
Eendag herskryf ons die geskiedenis
boeke en hulle vlae sal nie weer wapper
wanneer ons vertel oor hulle ondergaan,
Die EFF het van ons laat twyfel en van
koers gedraai,
Maar my volk se Skepper sal eendag die
pendulum in ons guns swaai


