Local newsNews

‘Meneer, jou vrou gaan hiervan hoor!’

Hopelik herken die skuldige man homself en trap voortaan fyn om nie weer uitgevang te word nie!

 

Vaalweekblad kry soms skokkende nuusbrokkies – noem dit maar skindernuus – wat in baie gevalle nie publiseerbaar is nie, maar ons het besluit om hierdie nuuswenk in briefvorm te plaas. Die briefskrywer se naam word weerhou en so ook die voertuigfabrikaat en die straat waar dit gebeur het. Ons hoop die skuldige man herken homself en besef dat dit tot sy voordeel sal wees om liewer nie weer naby die huis te kom waar hy blykbaar so lekker kuier nie… 

Geskokte inwoner van Vereeniging skryf:
Jy, “Meneer” met jou deftige wit voertuig (fabrikaat word weerhou), wat vanoggend, 14 Junie, ‘n swart “dame van die nag” hartstogtelik gesoen het in haar oprit en toe vir ‘n hele rukkie in haar huis saam met haar verdwyn het, jy is ‘n vark! Vanaand gaan jy terug huis toe na jou onskuldige vrou…
Nou luister jy vir my, volgende keer sal ek ‘n foto neem van jou én jou kar se nommerplaat en glo my, jou vrou sal ‘n besoek van my af kry.
Weet jy dat Rand Water die water gister afgesit het vir herstelwerk en dit kom vandag eers drupsgewys deur? Só, sy het tien teen een nie eers vanoggend behoorlik gebad nie. Jy het waarskynlik haar siektes en kieme opgetel. Daar is ‘n onskuldige vrou en kinders by jou huis wat vanaand vir jou wag. Sies! En dan was jou nogal netjies aangetrek soos dit ‘n besigheidsman betaam, maar jy bly ‘n vark. Bo blink en onder stink! Try my, mannetjie, kom wys jou gesig weer in my straat… ek wag vir jou…

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button