Rotariërs beloon harde werk
Die Rotariër Klub van Vanderbijlpark het hul 2022/2023 jaar op 'n hoë noot afgesluit.
VANDERBILPARK. – Die Rotariër Klub van Vanderbijlpark het 21 Junie hul internasionale Rotariër jaar op ʼn hoë noot afgesluit.
Internasionaal begin ʼn nuwe jaar in Rotary in Julie. Tydens ʼn gala aand het vorige President Celeste Lance die leisels aan nuwe president Adri Roos oorhandig.
Tydens die geleentheid is klublede ook vir hul harde werk beloon met verskeie toekennings.

Vorige president Jackie van Waveren het ʼn area toekenning ontvang vir haar gemeenskapsdiens en werk om die Rotary Foundation te bevorder. Sy het ook haar tweede saffier Paul Harris Fellow balkie gekry.
President Adri Roos en Petro Bester het albei area gemeenskapsdienstoekennings ontvang, terwyl die klub as geheel ʼn distriktoekenning ontvang het vir Beste Diens Projek vir Water, Higiëne en Sanitasie.
Die Diens bokant Self Toekenning is aan die bykans 90-jarige Beryl Fraser oorhandig wat al vir die afgelope meer as 27 jaar ʼn aktiewe lid van die Rotary Klub van Vanderbijlpark is.
Paul Harris Fellow balkies (die hoogste wat in Rotary verdien kan word) is ook aan Rita Benecke (3 Saffiere), Petro Bester (2 Saffiere), Michael Fraser (2 Saffiere), Celeste Lance (2 Saffiere), Carol Claasé (1 Saffier) en Adri Roos oorhandig.

Verkose president vir die 2024/2025 jaar, Jeanette Steyn-Nortje het ʼn meriete toekenning van die Rotariër Klub van Vanderbijlpark ontvang, terwyl Thys Foord, Dr Pierre Lucouw, Susan Lucouw en Ian Finnie erelidmaatskap ontvang het.
