Local newsNewsNews

3 Julie is Internasionale Plastiekvrye-dag

Die maand van Julie is Internasionale Plastiekvrye-maand en 3 Julie is Internasionale Plastiekvrye-dag.

Die dag word gehou om gemeenskappe, organisasies en mense regoor die wêreld te herinner om die gebruik van plastieksakke en plastiekverpakking vir eenmalige gebruik te vermy.

Plastiek het ‘n nadelige impak op die omgewing aangesien dit honderde en selfs duisende jare neem om af te breek.

Volgens die organisasie Greenpeace is 90% van die plastiek wat ooit vervaardig is nooit herwin nie.

Baie van die plastiek eindig in die grond, in riviere en in die see op, waar dit nie net ‘n gevaar vir diere wat in die water lewe inhou nie, maar ook in die water opeindig wat weer deur mense gedrink word.

Volgens Unesco beland daar jaarliks tussen 8 tot 10 miljoen metriese ton plastiek in die oseaan.

Chemikalië wat uit plastiek lek beland ook in die grondwater.

Plastiek word mettertyd in klein stukkies afgebreek en deur diere gevreet.

Die maaginhoud van ‘n dooie albatroskuiken met verskeie stukkies plastiek en ander rommel. Foto: Wikipedia
Plastiek kan honderde en selfs duisende jare neem om af te breek. Op die foto is stukkies mikroplastiek wat deur die Oregon Staat Universiteit versamel is. Die stukkies beland in mense en diere. Foto: Wikipedia
Diere raak verstrengel in mensgemaakte gemors soos hierdie seeskilpad wat in ‘n net vassit. Foto: Wikipedia

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button